Thursday 5 May 2016

Rysslaai met biefstuk




Rysslaai met biefstuk
Die resep werk goed vir ’n braai ook. ...
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 35 min.

4 T-beenskywe
blatjang, vir voorsit

 SLAAI
10 ml (2 t) olyfolie
250 ml (1 k) bruinrys
30 ml (2 e) tamatiepasta
375 ml (1½ k) water
½ elk groen en rooi soetrissie
400 g-blik soetmieliepitte, gedreineer
400 g-blik nierbone, gedreineer
’n hand vol groenbone, gekap
’n hand vol koljander, grof gekap

 VRYFMIDDEL
45 ml (3 e) paprika
30 ml (2 e) swartpeper
15 ml (1 e) knoffelpoeier
5 ml (1 t) rooipeper
15 ml (1 e) bruinsuiker

 1.Slaai Verhit die olie in ’n middelslagkastrol oor hoë hitte. Voeg die rys by en braai 1 min. terwyl jy roer of tot al die rys met olie bedek is.
2.Voeg die tamatiepasta by en kook 2 min. terwyl jy roer of tot die rys goed bedek is. Voeg die water by en bring tot prutpunt. Bedek en laat prut 20 min. of tot die rys sag is.
3.Voeg die soetrissies, soetmielies, nier- en groenbone by, bedek en kook 15 min. of tot die groenbone sag is. Roer die koljander in.
4.Vryfmiddel Meng al die bestanddele in ’n bak en vryf dit oor die biefstukke. Verhit ’n roosterpan oor matige hitte en braai die biefstukke 5 min. of tot gaar. Sit die vleis op ’n bord en laat rus 5 min.
5.Verdeel die rysslaai en biefstuk tussen die borde. Sit voor saam met blatjang en groenslaai.