Thursday 5 May 2016

Ontbyt-oondpangebak




Ontbyt-oondpangebak
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min....
Gaarmaaktyd: 15-20 min.

1 Franse baguette, in stukke geskeur
500 g snoepworsies, in skyfies gesny
2 rooi soetrissies, in skywe gesny
4 tamaties, in kwarte gesny
6 sondroë tamaties
in vinaigrette, grof gekap
60 ml (¼ k) swartolywe, ontpit
30 ml (2 e) olyfolie
5 ml (1 t) droë tiemie
sout en pas gemaalde peper
Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n groot bakplaat met kossproei.
1.Versprei die broodstukke, worsies, soetrissies, tamaties en olywe op die bakplaat.
2.Sprinkel die olie oor en meng liggies.
3.Geur met die tiemie, sout en peper.
4.Rooster 15-20 minute in die oond of tot die rande van die brood begin verbruin.
5.Sit voor saam met roereier.
Wenke
•Jy kan ook spekvleis by die mengsel voeg.
•Roer ’n paar keer goed sodat die brood egalig verbruin.