Monday 16 May 2016

Rotskoekies




Rotskoekies
500ml suiker
125ml melk
125ml kakao
125ml botter
125ml grondboontjiebotter
5ml vanieljegeursel
sowat 5 x 250ml hawermout of meusli of ‘n mengsel van die twee
Plaas die suiker, melk, kakao en botter in ‘n kastrol en bring tot kookpunt terwyl gedurig geroer word. Verlaag die hitte en prut dan sowat 3-5 minute lank.
Verwyder van hitte en roer die grondboontjiebotter en vanieljegeursel by. Voeg net genoeg hawermoutmengsel by totdat die mengsel stewig is.
Skep hopies met twee teelepels op velle waspapier en laat staan tot stewig. Lewer sowat 46 hopies.