Monday 16 May 2016

KLAPPER-EN-VRUGTE-BLOKKIES




KLAPPER-EN-VRUGTE-BLOKKIES
Bestanddele:
200 g botter of margarien
250 ml karamel kondensmelk
250 g glansvrugte mengsel (enige droee vrugte werk ook hier. Ek het sommer vrugtekoekmengsel gebruik, dit vir ‘n rukkie geweek in warm water en toe net effens fyner gekap)
300 g Marie beskuitjies, fyn gedruk
180 ml klapper
Voer ‘n plat 18 x 28 cm pan uit met foelie en bespuit die foelie deeglik. Sprinkel ‘n bietjie van die klapper op die foelie.
Meng gesmelte botter of margarien, karamel kondensmelk, vrugtemengsel en fyn Marie beskuitjies. Druk eweredig in die voorbereide pan vas. Besprinkel met klapper en verkoel tot ferm. Lig die foelie uit die pan. Sny in blokkies en geniet saam met koffie.
Lewer 20 – 25 blokkies.