Monday, 30 May 2016

Outydse... soetkoekies




Mardene Van Tonder Wilken 
Ek is glad nie n bakster nie. Alles flop altyd wat ek maak. Wel hierdie soetkoekies is so maklik tot ek kon dit doen. Ek deel graag met julle die resep.
Outydse... soetkoekies...
375 g bak botter
2 koppies bruinsuiker
2 eiers
4 koppies meel
Knippie sout
10 ml bakpoeier
Meng suiker en botter tot room voeg eiers by.
Meng deur.
Voeg droe bestandele by tot dit n stywe tog hanteerbare deeg vorm. Maak balletjies. Smeer bakplaat. Pak balletjies uitmekaar op die bakplaat en druk plat met vurk. Bak teen 220'c vir 10 min.

No comments:

Post a Comment