Monday, 30 May 2016

KOFFIE EN KOEKIE NAGEREG




KOFFIE EN KOEKIE NAGEREG
BESTANDELE:
200g botter,
200g strooisuiker,
5 eiers, (geklits goed)...
250g donker sjokolade,
2 koppies enige STERK aangemaakte koffie
Twee pakkies koekies (enige plain (eenvoudige) koekie na keuse)
METODE:
Smelt die sjokolade – Gebruik jou mikrogolf of ‘n dubbelkoker
Klits die botter saam met die strooisuiker tot lig en romerig.
Klits die gesmelte sjokolade by en dan die eiers een vir een by.
Doop die beskuitjies in die koffie
Gebruik 'n groterige bak wat nie te vlak is nie en maak lae van koffie-klam koekies afgewissel met lae van die sjokolade room.
Plaas in die yskas vir ten minste 24 uur.
WENK: As jy baie oulik wil wees, kan jy geklopte room bo-oor sit, paar sjokolade krulle of gerasperde sjokolade

No comments:

Post a Comment