Tuesday 31 May 2016

Outydse frikkadelle




Outydse frikkadelle
Al wat jy nodig het is…
¼ koppie melk
ekstragroot knip witpeper
¾t koljander
½t neutmuskaat
ekstragroot knip kruienaeltjies
1t sout plus nog ’n ekstra groot knip sout (einaardig ja, maar dit het daai ekstra leksel sout nodig!)
2 snye witbrood, korsies afgesny
800g bees maalvleis (een met bietjie vet in, nie maer nie)
½ koppie witui, gerasper nie gekap nie
3E gesmelte skaapvet (wat ouma ‘dripping’ genoem het, jy kan dit uitlaat maar dit sal jammer wees)
½ koppie water
botter
Gooi die speserye en sout by die melk. Week die brood daarin tot al die melk opgesuig is. Maak die brood met ’n vurk fyn en voeg dit by die maalvleis, skaapvet en ui. Meng liggies deur met die vurk.

Smeer die bodem van ’n oondvaste bak met botter (ouma se Pyrex-bak is perfek hiervoor). Gebruik jou hande en vorm liggies frikadelle. Sit die frikadelle in die oondbak en plaas ’n klontjie botter bo-op elke frikkadel. Gooi ’n halwe koppie water in die bak en bak teen 190 grade Celsius vir 35-40 minute. Skep halfpad deur van die vloeistof in die bodem van die bak op elke frikkadel. As die water te min raak, gooi nog bietjie by. Sit jou rooster aan vir die laaste paar minute om die frikkadelle mooi bruin te kry, maar hou dop dat jy hom nie brand nie.

Verwyder die frikadelle en maak hulle toe met foelie om hulle warm te hou. Voeg ’n koppie water by die kookvloeistof in die oondbak (gebruik ’n pan as die bak nie op die stoof geplaas kan word nie). Maak die sous deur een teelepel Maizena en een teelepel Bisto in bietjie water op te los en by die kookvloeistof te roer. Kook hom tot hy verlydelik glansend is.

Hierdie resep maak 10 x 100g frikadelle
http://www.melkkos-merlot.co.za/af/outydse-frikkadelle/