Sunday 22 May 2016

Ontbyt Smoothies




Ontbytdrankies
Smoothies, soos die Engelse dit noem, is lankal ‘n gonswoord en jy sien dit deesdae oral op spyskaarte. Dit is ‘n gesonde drankie van vrugte, sap en jogurt en net die ding as die honger knaag, maar die tyd skraps is. Gebruik enige vrugte en -sap wat jy in die huis het.  Piesang-kiwi-en-mangodrankie
Snipper 2 ryp piesangs en 2 geskilde kiwivrugte in ‘n versapper. Voeg 90 ml jogurt (ongegeur of vrugtegeur) by en ongeveer 250 ml mangosap. (Jy kan meer sap byvoeg as jy ‘n dunner drankie verkies). Verpulp tot glad en giet in glase. Geniet dadelik.  Winterontbytdrankie
Skil ‘n pomelo dik en sny in segmente. Plaas die segmente saam met 1 gesnipperde piesang in ‘n voedselverwerker en voeg 90 ml jogurt, 5 ml heuning en 250 ml lemoensap by. Verpulp tot glad, skink in glase en geniet.