Monday 30 May 2016

MOSBOLLETJIES





MOSBOLLETJIES
Bestanddele (vir 3 groot panne)
3 kg koekmeel
3 k suiker
3t sout

⅓ k anys
250 g margarien, 1 liter soetmos en genoeg melk om 1,8 liter vloeistof te maak
Om bo-oor te verf: 100 ml melk en ¼ k suiker
Metode
Meng die koekmeel, suiker, sout en anys in ‘n deegkom.
Smelt die margarien en voeg die soetmos en louwarm melk daarby.
Meng dit met die droë bestanddele en knie baie goed vir ongeveer ‘n halfuur.
Laat dit oornag in jou deegkom rys.
Knie die deeg die volgende oggend af en weeg dit af in drie gelyke dele.
Rol elke deel in 12 bolletjies, wat tot bokant die pan moet uitrys.
Bak vir 30 min teen 180ºC
Bak teen 180 ºC vir 30 minute en dan teen 140 ºC vir 40 minute.
Keer uit op ‘n draadrakkie en verf met ‘n mengsel van melk en suiker.
Laat die bolletjie goed afkoel.
Dit kan nou vars geëet of gedroog word.
Notas:
Dis belangrik dat die mos tot die regte graad afgegis het, om jou deeg te laat rys. Dis ‘n groot werk, wat jou die hele dag besighou en daar is min mense wat nog kans sien vir al die geknie.
Om soetmos as rysmiddel te gebruik, is ‘n nalatenskap van die Franse Hugenote

Tannie Lizzie is baie presies met die afmeet van elke bolletjie. Dit verg ‘n geoefende hand om die bolletjies mooi te vorm. Dis haar skoondogter, Lerise, se taak om die panne te smeer. Haar panne is jare gelede al spesiaal vir Lizzie gemaak volgens haar behoeftes.
Jy kan mosbolletjies net so warm-warm eet, of later uitdroog. Dan is dit mosbeskuit