Tuesday 24 May 2016

Ma Piet se patatwiele




Ma Piet se patatwiele

Bestanddele...

1 rol skilferkorsdeeg
2 groot wurgpatats
10 ml (2 t) fyn kaneel
10 ml (2 t) vlapoeier
5 ml (1 t) donkerbruin, taai bruinsuiker per wiel
200 ml melk
250 ml (1 k) vars room

Maak so
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Laat die skilferkorsdeeg ontdooi tot amper sag.
Rol af van plastiek. Moenie uitrol met ’n koekroller nie.
Kook die patats en laat afkoel. Skil af en maak fyn.
Voeg die kaneel en vlapoeier by en meng goed.
Skep in ’n dun lag oor die skilferkorsdeeg.
Rol weer netjies op en draai styf toe in kleefplastiek.
Sit in vrieskas vir 2 uur.
Haal uit en verwyder die kleefplastiek.
Sny in wiele.
Pak die wiele plat in ’n gesmeerde oondpan.
Sit 1 t bruinsuiker op elke wiel.
Meng die melk en room en skink bo-oor die wiele sonder om die suiker af te spoel.
Bak sowat 15 min.
Maak seker dat die skilferkorsdeeg mooi gerys het en die suiker bo-op goed gesmelt en lekker bruin is.