Wednesday 4 May 2016

Leroux van Vuuren se Boelie-burgers



Leroux van Vuuren se Boelie-burgers
Leroux van Vuuren van Kokkedoor-faam het tydens ’n uitsending van Kampkos vir ons gewys hoe om sy smullekker boelie-burgers voor te berei. Kry sy resep hier:

Bestanddele
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas:
Instruksies
  1. Kap die spek en uie fyn – Leroux los een stukkie spek heel as garnering.
  2. Braai die spek en uie in ’n pan in die olie.
  3. Breek die eiers in ’n mengbak.
  4. Voeg die helfte van die room by asook die meel en bakpoeier.
  5. Voeg ’n knippie sout en peper by en meng alles deur.
  6. Meng dan ook die kaas, boeliebief en die sprietuie goed deur die beslag.
  7. Voeg laastens die spek- en uiemengsel by die beslag.
  8. Maak dan koekies met die beslag en bak dit met ’n bietjie olie in ’n pan – dit word die frikkadelbroodjie se “patty”.
  9. Maak ’n lekker sous vir die frikkadelbroodjie deur die res van die room te meng met Dijon-mosterd en heuning. Kook dit so bietjie saam totdat dit dikker word.
  10. Rooster die broodjies op die vuur voordat jy die boelie-burger bou.