Wednesday 4 May 2016

Die Birks se Braaigroente



Die Birks se Braaigroente
In ’n episode van Kampkos het Laré Birk vir ons gewys hoe om smullekker braaigroente voor te berei. Kry haar resep hier:

Bestanddele
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas:
Instruksies
  1. Sny die groente in blokkies. (Kleiner blokkies kook vinniger)
  2. Plaas die groente in ’n foeliepan en plaas klonte botter rofweg oor al die groente.
  3. Bedek die bak met foelie.
  4. Plaas die bak in die braaier en sit sommer ’n paar kole bo-­op die foelie vir 20 ­tot 30 minute afhangend van hoe warm die vuur is.
  5. Haal die groente af en maak dit versigtig oop.
  6. Meng die pakkie bruin­uiesop met die room en voeg dit by die groente.
  7. Maak die bak weer dig toe sodat verder kan stoom .
  8. Plaas dit terug op die vuur vir sowat 30 minute.
  9. Bedien.