Monday 23 May 2016

KASERIGE TUNA PANNEKOEKE






KASERIGE TUNA PANNEKOEKE

BENODIG:
PANNEKOEKBESLAG:
2 groot eiers...
150-200 ml melk
20 ml (4 t) olie

5 ml (1 t) suurlemoensap of brandewyn
250 ml (1 k) koekmeelblom
1 ml (¼ t) sout
180 ml (¾ k) water
olie vir vlakbraai
TUNAVULSEL:
40 g botter
1 ui, grof gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
30 ml (2 e) meel
250 ml (1 k) melk
sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml (2 e) heelkorrelmosterd
3 blikke (185 g elk) tuna, gedreineer
olie vir vlakbraai
AFRONDING:
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

MAAK SO:
PANNEKOEKBESLAG:
Klits al die bestanddele bymekaar en laat staan die beslag ’n paar minute.
TUNAVULSEL:
Verhit die botter in ’n diep pan en braai die ui en knoffel ’n paar minute.
Roer die meel by. Roer tot ’n dik pasta vorm. Giet die melk by en roer tot ’n dik witsous vorm. Geur met sout en peper.
Voeg die heelkorrelmosterd en tuna by en roer tot deurwarm. Hou eenkant.
Verhit die olie vir vlakbraai en skep ’n groot lepel vol van die beslag in die verhitte olie. Maak aan albei kante gaar. Skep pannekoek uit en herhaal met die res van die beslag.
Vul die pannekoeke met die tunavulsel en vou toe. Sit die gevulde pannekoeke in ‘n gesmeerde oondbak en sprinkel kaas bo-oor. Sit dit onder die roosterelement en rooster totdat kaas gesmelt is.