Tuesday 10 May 2016

Geurige pita met lamsfrikadelle




Geurige pita met lamsfrikadelle
Genoeg vir 6
Reg in 30 minute
Bestanddele:
...
1kg maer lamsmaalvleis
1 ui, fyngekap
½ koppie vars kruie (tiemie, pietersielie en origanum), gekap
1 eier
2 snye droë witbrood
Maak dit so:
Gooi al die bestanddele saam in ʼn mengbak en meng deeglik met jou hande. Neem ʼn eetlepel van die vleismengsel en rol dit in ʼn balletjie. Gooi ’n eetlepel olyfolie in ʼn warm pan en braai so agt balletjies op ʼn slag tot bruin en gaar. Wees geduldig en moet nie te veel frikkadelle op ’n slag braai nie, anders verloor die pan van sy hitte.
*Vul die res van die pita met bestanddele waaroor jy mal is. Ons het ʼn slaaitjie van blaarslaai, wortel en kool gemeng met Tzatziki, ’n yogurt-en-komkommersousie, en Hummus, ʼn kekerertjie-, suurlemoen-en-sesamsaadoliesous. Dit komplementeer die geur en smaak van die lam.