Friday 6 May 2016

GEROOSTERDE VIS




GEROOSTERDE VIS   (Resep: Carol van Heerden Vroue-Beeld se kosskrywer)
800 g geelstert, kabeljou, tongvis, stokvis of geelbek (200 g rou vis per persoon);
15 ml meel;
5 ml bruinsuiker;
60 ml gesmelte botter.
Bolaag
62,5 ml dik mayonnaise;
60 ml gerasperde cheddarkaas;
5 ml droë mosterd;
1 eier, geskei.
Sout die vis en plaas dit 'n halfuur voor gaarmaaktyd in die yskas om ferm te word. Sprinkel 'n mengsel van meel en suiker oor en borsel gesmelte botter aan albei kante. Plaas op roosterpan wat met foelie bedek is en rooster tot net gaar aan albei kante. Meng intussen die mayonnaise, kaas, mosterd en eiergeel. Klits die
eierwit tot styf en vou dit in die kaasmengsel. Sprei die soufflé-bolaag oor die vis en verbruin onder die rooster. Sit dadelik voor. Die gereg is heerlik saam met gekookte aartappels met botter en pietersielie, en 'n tamatieslaai wat met gekapte vars of
droë basiliekruid gegeur