Wednesday, 25 May 2016

Gebakte Suurlemoentert




Gebakte Suurlemoentert

Oond 180 gr C. Voer tertpan uit met gekoopte broskorsdeeg en bak blind vir 10 minute. Koel af. Vulsel: Meng saam: 125 ml vars suurlemoensap, 190 ml room, 3 eiers en 190 ml suiker, voeg gerasperde skil van 1 suurlemoen en knippie sout by. Gooi in kors en bak vir 25-35 minute. Laat afkoel in yskas. Voor opdiening, strooi suiker oor tert en plaas onder warm oondrooster tot goudbruin. Dit brand maklik, wees versigtig vir te lank in oond, hou jou oog op tert terwyl suiker bruin bak

No comments:

Post a Comment