Tuesday 17 May 2016

Flatervrye souttertjies




Flatervrye souttertjies

Vir 24 • Voorbereityd 15 minute • Gaarmaaktyd 30 minute


1 eetlepel botter
2 uie, gekap
4 blikkies (170 g) tuna of salm
1 teelepel gegeurde sout (soos Ina Paarman se braaisout)
2 teelepels gedroogde pietersielie of tiemie
2 koppies bevrore groente (ertjies, wortels en mielies)
2 koppies mozzarellakaas, gerasper
1 koppie koekmeel
1 ½ teelepel bakpoeier
’n knippie sout
1 eetlepel botter
1 koppie melk
4 eiers


• Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit twee dosyn-muffinpanne baie goed met kleefwerende sproei. Smelt die botter in ’n pan en braai die ui liggies tot sag. Voeg dan die gedreineerde vis, sout, kruie en groente by en roer totdat alles deurwarm is. Laat dit eenkant afkoel en meng dan die kaas deur.

• Meng die koekmeel, bakpoeier en sout in ’n aparte bak en vryf die botter daarby in. Klits die melk en eier daarby in.

• Verdeel die beslag tussen die 24 holtes en skep dan sowat ’n ¼ koppie van die vulsel in elke holte. Bak dit op die oond se middelste rak vir 30 minute tot goudbruin.

• Pak die muffins in ’n lugdigte houer – dit sal tot 4 dae vars bly mits jy dit op ’n koel plek bêre.