Tuesday 17 May 2016

All Bran-beskuit met kersies





All Bran-beskuit met kersies
Deur Arina du Plessis
Dis wintertyd en vakansietyd vir baie. Sorg dat jou beskuitblikke vol is.
¦ 500 g sagte botter (of margarien)
¦ 250–375 ml bruinsuiker...
¦ 2 eiers
¦ 1 kg bruismeel
¦ 250 g All Bran-graanvlokkies
¦ 15 ml bakpoeier
¦ 5 ml sout
¦ 250 ml rooi glanskersies, in klein stukkies gesny
¦ 500 ml karringmelk of suurmelk
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot panne met botter of margarien.
Verroom die botter (of margarien) en bruinsuiker saam. Klits die eiers by. Voeg die
bruismeel, graanvlokkies, bakpoeier, sout en glanskersies by en maak met die karring-
of suurmelk aan tot ’n deeg. Skep in panne en bak sowat 1¼ uur tot deurgaar. Keer
uit, laat afkoel tot louwarm, sny of breek in vingers en droog die beskuit oornag
of vir ’n paar uur uit teen 70 °C. Lewer 6 dosyn beskuite.