Friday 13 May 2016

Boerewors onder die kombers:




Boerewors onder die kombers:
Bestanddele:
500 gr boerewors
½ blikkie tamie en uie mengsel of u kan u eie mengsel kook
250 ml vars melk
250 ml koekmeel
250 ml gerasperde cheddar kaas
1 groot eier
2 ml sout
5 ml bakpoeier
5 ml gemengde droë kruie of kruie na u smaak (opsioneel)
Metode:
Verhit oond tot 180º C.
Verbruin die boerewors in ‘n pan oor matige hitte. Moenie dit stukkend sny nie Probeer dit in ‘n spiraalvorm behou soos dit gaar word.
Plaas die boerewors in ‘n oondvaste bak.
Meng nou die meel, kaas, eier, melk, sout, bakpoeier en kruie tot dit lyk soos ‘n pannekoekbeslag.
Gooi eweredig oor om die gaar wors te heeltemal te bedek.
Bak vir 30 – 35 minute tot dat die kors gaar is.
Bedien met gemengde groente en vars slaai.