Friday 13 May 2016

AARTAPPELSLAAI




AARTAPPELSLAAI

6 Medium aartappels
1 koppie suurroom
½ koppie mayonnaise
1 pakkie spek, gekap en bros gebraai
4 hardgekookte eiers – grof gekap as gaar is
1 klein ui – gekap

Spruituie – gekap
1 en ½ koppie gerasperde kaas (meng indien kan 2 kleure bv wit en geel cheddar - dit gee mooi kleur)
Sout en peper na smaak

Skil en kook die aartappels en sny in blokkies (laat afkoel)
Meng die suurroom, mayonnaise sout, peper, ui en spruituie
Meng die aartappels, eiers en die helfte van die spek in by die sous
Skep in opdienbak.
Gooi die gerasperde kaas en ander helte van die spek oor en bedien