Sunday 22 May 2016

Bêrebeslag-muffins



Bêrebeslag-muffins
Dié gewilde resep het oor die jare heen in ‘n paar tydskrifte verskyn. Dié muffinmengsel kan tot 30 dae in ‘n lugdigte houer in die yskas gebêre word. Dit word dan gebak, soos benodig. Die resep lewer ‘n groot klomp beslag, maar kan maklik gehalveer word, indien verkies.
  • 2 eiers
  • 125 ml olie
  • 375 ml bruinsuiker
  • 500 ml melk
  • 250 ml volkoringmeel ("Nutty Wheat")
  • 375 ml koekmeelblom
  • 500 ml semels
  • 5 ml sout
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 10 ml koeksoda
  • 125 ml vrugtekoekmengsel
  • 125 ml pekanneute, gekap
  • 150 g ontpitte dadels, gekap  
  • Klits die eiers, olie en bruinsuiker saam. Voeg die res van die bestanddele by en meng baie liggies tot alles net gemeng is. Giet die mengsel in ‘n lugdigte houer en plaas dit oornag in die yskas. Skep die beslag in ‘n gesmeerde muffinpan (of voer holtes uit met papierkoppies) en bak vir 20-25 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C tot deurgaar. Sit warm voor met botter. Die hele beslag lewer ongeveer 48 muffins.