Tuesday 19 April 2016

YSTERVARKIES




YSTERVARKIES:
7ml bakpoeier
1ml sout
125g botter of margarien...
250g (325ml) suiker
4 eiers
350g (625ml) Bruismeel
Stel oond op 200˚C en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm.

Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Klop botter en suiker tot romerig.
Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging.
Voeg gesifde bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is.
Skep in panne, maak gelyk en bak 15 – 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel. Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.
Stroop vir koekblokkies:
375ml kookwater
600g (750ml) suiker
1ml sout
15g (30ml) kakao
15g (15ml botter of margarien
5ml vanieljegeursel
400g (5 x 250ml) klapper
Meng kookwater, suiker, sout en kakao in ‘n dubbel kastrol, oor kookwater.
Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in
klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
Lewer 8-9 dosyn

Paar idees om 'n variasie te doen:
1) Bak in muffinpannetjies, druk in sous en klapper, sny oop en smeer room en konfyt op
2) Bak verskillende kleure koeke, of maak gekleurde klapper deur druppels kleursel in die droe klapper in te meng
3) Bak die plaatkoek, sny koek in die helfte oop - smeer konfyt soos appelkoos of aarbei oor, selfs Nutella, sit terug opmekaar, sny blokke, doop in die stroop en rol in klapper
4) I.p.v. klapper, gebruik 100&1000's of fermiccili - of meng jou klapper met dit
5) Bak in muffin pannetjies, maar maak so, bietjie deeg onder in die muffin pannetjie, dan 'n rolo sjokolade of whisper bolletjie of selfs net skeppie aarbei konfyt, weer deeg, bak tot gaar, druk in stroop en rol in klapper
6) Bak jou laagkoek, maar gooi paar druppels rooi of pienk kleursel in jou koek en gebruik die gewone sjokolade stroop met klapper
7) Maak 'n wit laagkoek, sny blokke en maak 'n stroop van:
30g botter
1 pakkie aarbei jellie
2 kop versiersuiker
200ml kookwater
Kook alles - laat afkoel - druk koek in stroop en rol in klapper
8) Suurlemoen Ystervarkies;
1 pakkie Lem-lime jellie aangemaak met 1 kop kookwater
1/2 kop suurlemoensap
Meng alles en laat afkoel tot dit nie meer loperige water is nie. Druk koek in stroop en rol in klapper