Tuesday 19 April 2016

Tuisgemaakte grondboontjiebotter




Tuisgemaakte grondboontjiebotter

 Verwerk 375 ml (180 g) ongesoute, geroosterde grondboontjies (skille verwyder) en 15 ml grondboontjie-olie in ’n voedselverwerker. Vir gladde grondboontjiebotter, meng albei bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot glad.


Vir growwe grondboontjiebotter, hou 60 ml (30 g) van die grondboontjies eenkant, verwerk die res soos vir gladde grondboontjiebotter en voeg dan die ekstra grondboontjies aan die einde by. Pols ’n paar keer tot dit die verl...angde tekstuur bereik het.

Wenke:
■Voeg 1 eetlepel (15 ml) heuning by om dit ’n tikkie soeter te maak, ’n knippie seesout vir ekstra skop of los die skilletjies aan die grondboontjies vir ’n interessante tekstuur.
■Gebruik ’n verskeidenheid neute en noem dit neutebotter.
■Moenie hierdie grondboontjiebotter gebruik om te bak nie, want dit is nie stabiel genoeg om die hitte te hanteer nie.
■Seël die gesteriliseerde flesse en hou vir tot tien dae in die yskas.