Thursday 7 April 2016

Sjokolade koek vir ‘n Besige Huisvrou




Sjokolade koek vir ‘n Besige Huisvrou

4 groot eiers
2 koppies suiker
1 teelepel vanilje...
1½ koppie melk
1½ eetlepel margarine
2 koppies koekmeelblom en 4 teelepels bakpoeier of 2 koppies bruismeel en
2 teelepels bakpoeier
4 hoogvol eetlepels Coco
¼ teelepel sout

Metode: Klits die eiers, suiker en vanilje tot roomerig.
Smet die margarine in die melk en gooi warm melk en botter by eiers, suiker en vanilje.
Voeg droë bestandele in en meng goed. Bak in ‘n warm oond (180 °) vir 25 min.
Toets met toetspen of die koek gaar is en haal uit wanneer die toetspen droog is.

Nota: U kan die koek in ‘n ringvorm of twee ronde- of een vierkantige koekpan bak. Plaas versiersel van u keuse op die koek.
Caledon FM