Wednesday 6 April 2016

Pannekoekbakkies met sjokolade




Pannekoekbakkies met sjokolade

LEWER 18 POEDINKIES
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15-17 minute...

Pannekoek
250 ml (1 k) melk
6 eiers
250 ml (1 k) koekmeel
2 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
60 ml (¼ k) botter, gesmelt
Vulsel
150 g donkersjokolade
80 ml (¹⁄³ k) room
versiersuiker vir bo-oor sif

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit die holtes van middelslag-muffinpanne goed met kossproei.
Pannekoek Plaas die melk, eiers, meel, sout en vanieljegeursel in ’n voedselverwerker en meng goed tot ’n gladde mengsel sonder klonte vorm.
Giet die botter stadig deur die tuit by terwyl die voedselverwerker aangeskakel is.
Vul die holtes halfpad met die pannekoekmengsel. Bak 12-15 minute tot pofferig en goudbruin bo-op. (Dit vorm vanself ’n holte in die middel.)
Vulsel Plaas die sjokolade en room in ’n glasbak en mikrogolf 1-2 minute tot gesmelt. Roer gereeld.
Giet in die pannekoekholtes. Sif versiersuiker oor en sit voor as nagereg.
Huisgenoot