Thursday 14 April 2016

Pa se mac-en-kaas - Johnny Hamman




Pa se mac-en-kaas - Johnny Hamman
Jy benodig:
  • 4-5 eiers, geklits
  • 250 ml room
  • 250 ml volroommelk
  • 1 blikkie tamatiepuree, 50 g
  • 10 ml Engelse mosterd
  • sout en peper na smaak
  • 250 g spek, krakerig gebraai
  • 250 g kaasworsies, grof opgesny en gebraai
  • 500 g elmboogmacaroni, gekook
  • 500 g lekker beleë cheddarkaas, gerasper
  • 250 ml gerasperde parmesaankaas
  • 250 ml gerasperde mozzarellakaas
Maak dan só:

1. Voorverhit die oond teen 180 °C.

2. Meng die eiers met die room, melk, tamatiepuree en mosterd. Geur met sout en peper.

3. Meng die gaar spek, worsies en pasta by en dan die cheddarkaas.

4. Skep die pastamengsel in die gesmeerde oondbak. Giet die melk-en-room-mengsel bo-oor. Strooi die parmesaan en die mozzarella bo-oor.

6. Bak 30 tot 45 minute, tot goudbruin en gestol. Laat staan 10 minute voor opdiening.