Monday 4 April 2016

Oorskiet-paasbolletjies




Oorskiet-paasbolletjies

Bestanddele

Paasbolletjies
Botter (kamertemperatuur)
Idees vir bo-laag:
Ingelegte kerrievis met vars koljanderblare.
Prociutto of gerookte ham, roomkaas, vars vye en balsamiese reduksie
Blou Camembert, brosgebraaide spek en esdoringstroop.
Metode
Verhit ‘n riffel pan en smeer elke paasbolletjiesnytjie met botter aan beide kante.
Braai tot goudbruin en hou eenkant.
Sny die paasbolletjies horisontaal deur in drie ewe dik snye.
Wenk vir vinnige brosgebraaide spek
Rangskik die spekrepies op 2 lagies kombuispapier op ‘n mikrogolfbestande bord.
Maak seker dat die spekrepies nie oorvleuel nie.
Bedek die spekrepies met nog twee lagies kombuispapier.
Mikrogolf vir 4-6 minute op maksimum krag.