Tuesday 12 April 2016

Lamsvleis En Boontjiesop



Lamsvleis En Boontjiesop

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 20 minute, plus weektyd
Gaarmaaktyd: ongeveer 2 uur...

• 30 ml olyfolie
• 250 g strepiespek
• 2 groot uie, gekap
• 2 groot wortels, geskil en in blokkies gesny
• 1 kg aartappels, geskil en in blokkies gesny
• 800 g lamskenkels
• 500 ml suikerboontjies, oornag geweek

1. Verhit ’n bietjie van die olie en braai die spekvleis daarin. Skep die helfte uit sodra dit gaar is, en laat die res bros braai. Hou albei apart eenkant. Sny dit in kleiner stukkies.

2. Gooi nog ’n bietjie olie in die kastrol en soteer die ui, wortel en aartappel tot dit goudbruin is. Skep dit uit en hou dit eenkant.

3. Verhit die res van die olie en braai die vleis bruin. Voeg die boontjies en twee liter kookwater by. Verhit die mengsel tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit kook vir twee uur of tot die vleis baie sag is.

4. Voeg die sagte spekvleis en uiemengsel by en laat dit vir nog 30-60 minute prut tot al die bestanddele saggekook het.

5. Skep ’n kwart van die mengsel uit en maak seker daar is niks bene oor nie. Maak dit fyn in ’n versapper en gooi dit terug in die kastrol. Geur dit na smaak.

**Sit die sop voor met stukkies brosgebraaide spekvleis bo-op.

 - Idees tydskrif