Wednesday 20 April 2016

LAEKOOLHIDRAAT-BROODRESEP




LAEKOOLHIDRAAT-BROODRESEP
Mis jy jou snytjie brood? Hier is ’n heerlike, basiese broodresep vir elke dag. Uit die baie verskillende laekoolhidraat-“brood”-resepte wat ons getoets het, was dié een die naaste aan die ware Jakob.
Maak 2 broodjies
Resep verwerk uit “Low Carb is lekker” Blog: lowcarbislekker.wordpress
500 ml (2 k) amandelmeel...
250 ml (1 k) klappermeel
250 ml (1 k) saadmengsel (sonneblom, sesamsaad, pampoensaad, lynsaad)
250 ml (1 k) saadmengsel fyn gemaak
125 ml (½ k) sonneblomsaad
45 ml (3 e) psyllium husks
20 ml (4 t) bakpoeier
4 eiers
500 ml (2 k) karringmelk
60 ml (¼ k) xylitol
300 g botter, gesmelt
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Spuit twee 18 cm x 8 cm x 7 cm- pannetjies met kleefwerende kossproei.
2 Meng die amandel- en klappermeel, saadmengsel en fyn saadmengsel, sonneblomsaad, psyllium en bakpoeier.
3 Klits die eier, karringmelk, xylitol en botter saam.
4 Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi die eiermengsel by. Meng goed.
5 Verdeel die deeg tussen die pannetjies en bak vir 50-60 min. tot goudbruin. Indien die bokant te vinnig bak, bedek met ’n stukkie foelie. Laat in die pannetjies afkoel.
Variasie – Lekker beskuit
1 Voeg 125 ml (½ k) klapper en nog 60 ml (¼ k) xylitol by die basiese broodresep, bak soos bo beskryf.
2 Sny die gaar brood in 3 cm-snye en verdeel elke sny in drie dele. Sit op ’n bakplaat.
3 Verlaag die oondtemperatuur tot 70 °C en droog die beskuit uit tot bros. Sit ’n houtlepel in die oonddeur sodat die beskuit goed kan droog en die vog kan ontsnap.
4 Verpak lugdig.