Wednesday 6 April 2016

KAAS ECLAIRS




KAAS ECLAIRS
CHOUX DEEG :
8 eiers
1 eier, ekstra
500 ml melk...
120 g botter
250 g koekmeel
200 g gerasperde Gruyere-kaas
5 ml sout
METODE:
Verhit die botter,melk en sout saam tot kookpunt. Sodra dit kook, verwyder van die hitte en voeg ál die meel op een slag by. Roer met ’n houtlepel tot die mengsel glad en blink is. Roer aanhoudend tot die deeg van die kante van die pot wegtrek. Laat vir 20 minute afkoel.
Voorverhit intussen die oond tot 200 ˚C. Klop die eiers nou een vir een by die beslag. Maak seker die vorige eier is goed ingemeng voor ’n volgende bygevoeg word. Roer laaste die kaas by. Skep óf spuit langwerpige vorms van die choux-pasta ’n entjie uitmekaar op ’n gesmeerde bakplaat.
Bak vir sowat 20 minute tot opgepof, goudbruin en bros.
Maak ’n snytjie in elk vir die stoom om te ontsnap en laat op ’n draadrak afkoel.
Vul met jou gunsteling soutvulsel en sit voor saam met drankies.
Lewer 40 happies.