Herfsbroodjie met pampoen
Onthou net om die pampoenpuree goed droog te kook, anders sal dit die baktyd beïnvloed en kan die broodjie dalk rou bly in die middel.
■ 625 ml koekmeel...
■ 10 ml bakpoeier
■ 5 ml fyn gemmer
■ 5 ml fyn kaneel
■ 3 ml sout
■ 500 ml ligbruinsuiker
■ 200 g botter, gesmelt
■ 375 ml fyngedrukte, gaar pampoen of botterskorsie
■ 3 ekstragroot eiers, geklits

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n groot broodpan met botter. Meng die meel, bakpoeier, gemmer, kaneel en sout saam in ’n groot bak. In ’n aparte bak, meng die suiker, gesmelte botter, pampoen en eiers saam.
Voeg die meelmengsel by en roer tot ’n dik beslag vorm. Skep in die voorbereide pan en bak vir 1-1¼ uur tot deurgaar. Sit voor met botter. Lewer 15 snye.
Voeg die meelmengsel by en roer tot ’n dik beslag vorm. Skep in die voorbereide pan en bak vir 1-1¼ uur tot deurgaar. Sit voor met botter. Lewer 15 snye.