Friday, 29 April 2016

GOEDKOOP EN MAKLIKE OLIFANTSRIVIER MODDERPOEDING




GOEDKOOP EN MAKLIKE OLIFANTSRIVIER MODDERPOEDING
Oond 180 gr C.
In kastrol, smelt
250 gr botter,voeg
1 E brandewyn by, ...
180 ml suiker,
250 gr donker sjokolade stukkies, en
375 ml warm water.
Haal van stoof sodra alles saam gesmelt is.
Sif in aparte bak: 1 en halwe k Koekmeel, driekwart k kakao poeier, half t sout en 2 t bakpoeier.
Klits stadig by sjokolade mengsel.
Klits 2 groot eiers en 1 t vanilla geursel en roer by mengsel.
Skep in gesmeerde diep poedingbak en bak vir 45 min.
Bedien met roomys of geklopte room.

No comments:

Post a Comment