Monday 25 April 2016

Banting-groente-en-chorizo-gebak met drie kase




Banting-groente-en-chorizo-gebak met drie kase


Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 25 min.

1 chorizo-wors
40 g botter
1 ui, gekap
4 takkies tiemie
350 g blomkool, geblansjeer (sien wenk)
300 g broccoli, geblansjeer
sout en peper
500 g roomkaas
80 ml (⅓ k) mozzarellakaas
‘n hand vol grasuie, gekap
125 ml (½ k) cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.


  1. Verwyder die vel om die chorizo. Verplaas na ’n groot pan en braai oor matige hitte terwyl jy die vleis roer en kap om dit op te breek terwyl dit gaar word. Sit eenkant.

  2. Voeg die botter in dieselfde pan en soteer die ui tot deurskynend. Voeg die tiemie, blomkool en broccoli by en soteer 3 minute. Geur met sout en peper.

  3. Verwyder die pan van die hitte en roer die roomkaas, mozzarella, grasuie en gaar chorizo in.

  4. Skep in ’n bakskottel en strooi die cheddarkaas bo-oor. Bak 12 minute of tot goudkleurig bo-op.
Wenk: Om die groente te blansjeer onderdompel dit 90 sekondes in vinnig kokende water. Verwyder dit dan met ’n gaatjieslepel en doop dit dadelik in yskoue water om te keer dat dit gaarder word.