Monday 25 April 2016

Banting-braaihoender en pampoen met lensies




Banting-braaihoender en pampoen met lensies


Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 35 min

6 hoenderstukke
½ pampoen, in wîe gesny
1 kop knoffel, horisontaal gehalveer

3 takkies roosmaryn
60 ml (¼ k) olyfolie
sout en peper
2 uie, in skywe gesny
6 takkies tiemie
2 blikke (400 g elk) lensies, afgespoel en gedreineer
60 ml (¼ k) appelwynasyn
30 ml (2 e) strooisuiker
200 g fetakaas, gekrummel

Voorverhit die oond tot 200 °C.


  1. Plaas die hoender, pampoen, knoffel, roosmaryn, 45 ml (3 e) olyfolie, sout en peper in ’n roosterpan en meng deurmekaar.

  2. Rooster 35 minute of tot die hoender gaar is en die pampoen goudkleurig en gaar. Sit eenkant en hou warm.

  3. Verhit ’n groot braaipan oor matig-hoë hitte. Voeg die oorblywende olie, uie en tiemie by, verlaag die hitte en kook 3 minute of tot die uie sag is. Voeg die lensies, asyn en strooisuiker by en kook 2 minute of tot deurwarm.

  4. Meng die hoender in ’n bak met die lensiemengsel, fetakaas, pampoen en knoffel.