Thursday, 21 April 2016

ARM MAN SE POEDING




ARM MAN SE POEDING 1 Koppie meel
1 Eetlepel botter
3/4 Koppie suiker
1 Desertlepel appelkooskonfyt
1 Eier
1 Teelepel asyn
1 Gelyk teelepel koeksoda
Sout
1 Koppie melk
METODE:
Meng meel en suiker en vryf botter in. Klits eier en konfyt saam.
Voeg by eerste mengsel.
Meng melk met koeksoda en asyn en voeg by mengsel. Bak vir 1/2 uur by 180º C.
SOUS:
1 Koppie room
3/4 Koppie suiker
1/4 Koppie botter
1/2 Koppie kookwater
METODE:
Kook alles saam. Gooi warm oor poeding wanneer uit die oond kom. Bedien warm of afgekoel met vla

No comments:

Post a Comment