Tuesday 1 March 2016

SOUTVLEIS KOLWYNTJIES




SOUTVLEIS KOLWYNTJIES

4 eiers
125ml melk
75ml kookolie...
200ml koekmeel [125g]
10ml bakpoeier
1ml sout
1blikkie soutvleis [300g] fyngemaak
250ml gerasperde kaas[1k]
5ml gerasperde ui
knippie rooipeper
Stel oond op 200*C[400*F]

Smeer pannetjies met 12 groot holtes
Kook 2 van die eiers tot hard, dop af en maak fyn
Klits 1 van die oorblywende eiers saam met die melk en olie tot gemeng
Sif meel, bakpoeier en sout saam en roer by die melkmengsel tot gemeng
Skep deeg in holtes van pannetjie
Meng oorblywende eier met fyn eiers, vleis, kaas, ui en peper
Skep lepelsvol b-op deeg en bak 15-20min of tot goudbruin en gaar ..
Sit warm voor 12 kolwyntjies.