Wednesday 9 March 2016

PLATBROOD ONTBYTPIZZA




PLATBROOD ONTBYTPIZZA
(6 porsies)
500 g winkeldeeg
250 g maaskaas
250 g rugspek
500 g bruin en wit sampioene, gehalveer
350 g kersietamaties, gehalveer
60 ml olyfolie
6 eiers
+ sout en varsgemaalde swartpeper
+ ekstra koekmeel vir uitrol
Verhit oond tot 220 °C. Sprinkel dun lagie koekmeel op werkvlak. Verdeel deeg in 6 porsies en rol dit met koekroller in vryvorms van sowat 5 mm dik. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 5 minute en haal uit oond. Verdeel maaskaas tussen halfgaar brode. Pak spek, sampioene en tamaties bo-op. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas terug in oond en bak vir 20 – 25 minute of tot spek en sampioene gaar is. Verhit olyfolie in kleefvrye pan terwyl pizza bak. Breek eiers in warm pan en bak vir 3 – 5 minute vir sagte eiers of langer soos jy verkies. Skep gaar eiers op warm pizza. Sit voor.