Monday 14 March 2016

KRUMMELVORM (SAVORY MINCE)




KRUMMELVORM (SAVORY MINCE)
Bestanddele
250 gram maalvleis
1 ui in stukkies gekap
1 eetlepel blatjang
1 tamatie waarvan die skil deur middel van kookwater verwyder is en in stukke gesny is
1 teelepel sout
1 teelepel suiker
knerts Worcestersous
speserye na smaak
peper na smaak
Metode
Braai die ui in warm pan met olie (4 op die hitteskaal) tot dit deurskynend is. Voeg maalvleis by en krummel dit met die agterkant van ʼn vurk, of met ʼn eierspaan en braai tot goudbruin. Voeg die res van die bestanddele by en laat stadig vir 20-30 minute in ʼn pan op hittelesing 2-3, prut. Dien op, op ’n snytjie roosterbrood.