Tuesday 15 March 2016

Koelsoem se flatervrye skilferkors



Koelsoem se flatervrye skilferkors

Bestanddele

Deel 1
500 g botter
8 koppies meel
2 koppies kookwater
1 teelepel kremetart
1 teelepel sout
Deel 2
500 g botter
5 eetlepels bruismeel
5 eetlepels Maizena
3 teelepels kremetart
3 teelepels bakpoeier
Metode
Deel 1
Sny die botter in klein bokkies in 'n groot bak.
Gooi die kookwater daaroor en laat dit vir 5 minute staan.
Voeg die meel, kremetart en sout by.
Meng dit tot 'n deeg met 'n mes - vermy hande en 'n lepel.
Plaas in die yskas vir 2 - 3 uur.
Deel 2
Deel die botter in drie.
Meng die droë bestanddele saam en deel in 3 hopies.
Haal deeg uit yskas en rol uit.
Smeer 1 deel botter oor.
Strooi 1 deel meelmengsel oor.
Vou dit toe soos 'n koevert.
Rol die deeg weer uit.
Herhaal proses die proses 2 keer.