Tuesday 1 March 2016

Koelkaskaaskoek




Koelkaskaaskoek
 Bestanddele

Kors...
200 g teekoekies
50 g botter, gesmelt

Vulsel
15 ml (1 e) gelatien
125 ml (½ k) koue water
30 ml (2 e) kakao
2,5 ml (½ t) kitskoffiekorrels
60 ml (¼ k) kookwater
375 ml (1½ k) room
385 ml (1 blik) kondensmelk
500 g geroomde maaskaas
125 ml (½ k) suurlemoensap
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Berei ’n losboomkoekpan van 20 cm voor en voer met kleefplastiek uit.

Metode

1. KORS: Druk die koekies fyn. Voeg die botter by en meng deur tot al die krummels met botter bedek is.

2. Plaas in die koekpan. Versprei eweredig oor die bodem van die pan en druk af. Verkoel tot effens geset.

3. VULSEL: Spons die gelatien in koue water. Gooi die kakao, koffie en kookwater in ’n mengbakkie en meng tot ’n pasta.

4. Klits die room tot styf. Voeg die kondensmelk in ’n dun straal by terwyl jy klits.

5. Voeg die maaskaas, suurlemoensap en vanieljegeursel by en klits goed. Smelt die gelatien en meng met die geroomde kaas. Meng deeglik.

6. Verdeel die mengsel in die helfte. Roer die kakaomengsel by die helfte van die mengsel in. Skep die helfte van die gewone mengsel oor die koekies en verkoel 5 minute in die vrieskas. Skep die helfte van die sjokolademengsel oor die gewone laag.

7. Herhaal tot al die mengsels in lae geskep is. Verkoel 2 uur of tot geset.