Tuesday 15 March 2016

JAMTERTJIES ( HERTZOGGIES)




JAMTERTJIES ( HERTZOGGIES)

1 rol broskorsdeeg, of blaardeeg (puff pastry)...
appelkooskonfyt
1 eierwit
2 koppies klapper
½ koppie suiker


Klits die eierwit tot amper styf en voeg klapper en suiker by.
Rol die deeg dun uit en sny sirkel daarin.
Sit die sirkels in die holtes van 'n kolwyntjiepan.
Skep ‘n teelepel konfyt in elke holte en dan die klappermengsel bo-op.
Bak dit vir 10 - 15 minute tot lekker bruin en gaar.

Variasies:
Suurlemoentertjies:
Klits 1 blikkie kondensmelk,
sap van 1 suurlemoen,
2 eiers en 2 eierwitte saam en voeg in elke holte van die pan.