Tuesday 15 March 2016

Franse roosterbrood met songedroogde tamatiepesto



Franse roosterbrood met songedroogde tamatiepesto

Bestanddele

Pesto
1 koppie (250 ml) songedroogde tamaties in olie
¼ koppie (± 60 ml) vars basiliekruid
¼ koppie (± 60 ml) vars pietersielie
2 knoffelhuisies, fyngekap
10 ml kappertjiesaad
40 g amandels, gerooster
30 ml rooiwynasyn
½ koppie (125 ml) olyfolie
30 ml Parmesaan- of Pecorinokaas, gerasper
varsgemaalde swartpeper
8 repies spek
4 eiers
8 snye brood
3 eetlepels (45 ml) songedroogde-tamatie-pesto
1 koppie (250 ml) Mozzarellakaas, gerasper
Metode
Pesto
Plaas die tamaties, basiliekruid, pietersielie, knoffel, kappertjiesaad en amandels in ‘n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
Voeg die rooiwynasyn en olyfolie by en meng deeglik.
Voeg die parmesaankaas en swartpeper by die mengsel en roer goed deur.
Braai die spek in ‘n voorverhitte pan tot bros en hou eenkant warm.
Klits die eiers en pesto saam in ‘n mengbak en week die snytjies brood daarin.
Maak ‘n toebroodjie met die brood, spek en Mozzarellakaas.
Verhit ‘n riffelpan.
Verf dit met olie en braai die broodjies tot goudbruin.