Thursday 17 March 2016

Cowboy-ontbyt




Cowboy-ontbyt
Genoeg vir 6 mense
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30-35 minute
...
15 ml (1 e) olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk

2 brandrissies, gekap
500 g boerewors, gaar en in stukke gesny
1 blik (410 g) gekapte tamaties
1 blik (410 g) gebakte boontjies
200 g heel kersietamaties, gehalveer
suiker, sout en peper na smaak
tabascosous na smaak
6 eiers
roosterbrood vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.Verhit die olie en braai die uie, knoffel en brandrissies tot sag. Voeg die boereworsstukke by en roerbraai effens.
2.Voeg die tamaties, boontjies en kersietamaties by, geur met die suiker, sout, peper en tabascosous en laat prut.
3.Skep in ’n oondvaste bak, maak 6 holtes in die mengsel en breek die eiers daarin. Oondbak 10-15 minute tot die eiers gaar is. Sit voor saam met roosterbrood.