Sjokolade Mousse Koek
BESTANDDELE:
2 groot eiers
250 ml sonneblomolie...
250 ml sterk koffie
1 x 650 g-boks sjokoladekoek-mengsel
250 g donkersjokolade
45 ml botter, gesmelt
3 eiers, geskei
60 ml versiersuiker
250 ml sjokoladesous
125 g bessies van jou keuse
METODE:
Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 30 cm-broodpan met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.
1. Meng eiers, olie en koffie goed in groot mengbak.
2. Voeg koekmengsel by en meng tot gladde beslag.
3. Gooi in broodpan en bak vir 30 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
4. Laat afkoel en keer uit.
5. Verdeel koek in twee lae.
6. Voer broodpan met kleefplastiek uit en plaas een koeklaag onder in pan.
7. Smelt sjokolade en botter saam in mikrogolfoond.
8. Laat afkoel tot louwarm en roer eiergele een vir een by – as dit te warm is, gaan dit skif.
9. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en voeg versiersuiker by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf.
10. Vou by sjokolademengsel in.
11. Skep mengsel dadelik in uitgevoerde pan.
12. Plaas tweede koeklaag bo-op en laat stol vir 3 uur of oornag in yskas.
13. Lig uit pan met behulp van die kleefplastiek.
14. Plaas op opdienbord en verwyder kleefplastiek.
**Sit voor met sjokoladesous en bessies

(Sarie)