Monday 22 February 2016

Sampioen En Ham Quiche (ook geskik vir Diabete)




Sampioen En Ham Quiche (ook geskik vir Diabete)
6 porsies

Kors:
125 ml koekmeel (of glutenvrye meel)...
190 ml hawermout
20 g parmesaankaas, gerasper
2 ml sout
45 g sagte laevet-margarien
45 ml koue karringmelk

Vla:
375 ml warm vetvrye melk
45 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
3 eiers
2 eierwitte
1 ml fyn witpeper
2,5 ml sout
15 ml vars tiemie, gekap (of 5 ml gedroogde tiemie)

Vulsel:
20 ml olyfolie
1 ui, gekap
450 g gemengde sampioene, gesny (knopie-, oester-, shitake-, portabellini of bruin sampioene)
100 g maer ham, gesny
sout en peper na smaak
5 ml heelkorrelmosterd
75 g gruyère-kaas, gerasper
25 g parmesaankaas, gerasper

Kors:
Plaas meel, hawermout, parmesaan en sout in ’n voedselverwerker en meng tot fyn.
Voeg margarien by en pols tot mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
Voeg karringmelk by en pols tot ’n sagte deeg.
Plaas in yskas vir 15 minute.
Spuit ‘n vlak 30 cm-quiche-pan goed met kleefwerende kossproei en druk die deeg egalig daarin uit.

**Verkoel vir 10 minute.

Vla:
Klits al die bestanddele saam en laat eenkant staan tot benodig.

Vulsel:
1. Braai uie in olie tot ligbruin.
2. Voeg die sampioene by en braai tot gaar.
3. Voeg ham by.
4. Verwyder van hitte en geur met mosterd, sout en peper. Laat afkoel.
5. Skep afgekoelde sampioenmengsel in bereide tertkors.
6. Strooi gruyère oor en plaas quiche-pan in oond.
7. Gooi die vla versigtig in die oond oor die quiche (indien die vla buite die oond ingegooi word, kan die vla uitloop wanneer jy die pan beweeg).
8. Bak vir 30 minute, tot quiche ligbruin en gestol is.

**Haal uit oond, sprinkel parmesaankaas oor en plaas terug in oond tot die kaas gesmelt is.