Tuesday 16 February 2016

Ruan se Boerepaella (Oondgebak met skaaptjops en rys)




Ruan se Boerepaella (Oondgebak met skaaptjops en rys)

Bestanddele
8 skaaptjops
2 koppies rou rys
2 uie, gerasper
2 wortels, gerasper
2 tamaties, gerasper
1 koppie (250 ml) witwyn
1 koppie (250 ml) hoender- of beesvleisaftreksel
knippie neutmuskaat
knippie fyn koljander
4 naeltjies
sout en swartpeper na smaak

Metode
1. Voorverhit die oond tot 180 grade.
2. Pak die tjops in een laag in 'n oondroosterpan of braaibak en geur goed met sout en peper.
3. Spoel die rys in sif onder lopene water tot die afloopwater helder is.
4. Meng die rys met die gerasperde uie, wortels en tamaties. Skep oor en om die skaaptjops.
5. Men die aftreksel en wyn en giet oor die rys en tjops. Strooi die speserye oor en bedek met foelie.
6. Bak vir 2 uur. Verrwyder foelie vir die laaste 30 minute sodat die gereg mooi kan verbruin,
rsg
See More