Tuesday 16 February 2016

Paaseiers





Paaseiers
As daar ’n vredigheid in jou gemoed kom lê het, is dit net die regte tyd om tydsaam jou eie Paaseiers te sit en versier. Gebruik natuurlike kleurstowwe soos beet en koffie om ’n meer aardse gevoel te skep.
ROOSKLEURIGE EIERS:
Kook 4 k water, 4 k beet ( in blokkies gesny) en 2 e witwynasyn vir ’n ½ uur saam. Week die eiers vir ’n ½ uur in die vloeistof.
DUIFGRYS EIERS:
Vervang die beet deur 4 k gesnyde rooikool. Skep die eiers met ’n gaatjieslepel uit die kleurstof, druk droog met handdoekpapier en laat droog word op ’n draadrakkie.
KARAMELKLEURIGE EIERS:
Vervang die beet deur 6 e gemaalde koffiepoeier.
GEEL EIERS:
Vervang die beet deur 3 e borriepoeier
(Rooi Rose)