Monday 1 February 2016

Pynappel Cremora Tert




Pynappel Cremora Tert
Lewer 1 groot tert.

500g Cremora melkpoeier
250ml kookwater...
2x397g kondensmelk (verkoel)
250ml suurlemoensap
12 Tennisbeskuitjies
410g fyngemaakte pynappels

1. Los die melkpoeier in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas.
2. Roer die kondensmelk by en klits tot styf.
3. Klits die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur.
4. Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en giet die mengsel bo-oor.

**Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies