Monday 29 February 2016

Plaatkoekie ontbyt met tamatie, hardekookte eier, gebraaide spek, uie en kaas




Plaatkoekie ontbyt met tamatie, hardekookte eier, gebraaide spek, uie en kaas.
Bak plaatkoekies...
Hardgekookte eiers
Skyfies tamaties
Braai bietjie gesnipperde spek, gekapte uie.
Kaas van jou keuse (gerasper)

Stapel jou ontbytkoekie
Begin met die plaatkoekie, snytjie tamatie, skyfies eier, en laastens die spek en uie en bietjie gerasperde kaas.
Plaas in oond sodat die kaas net bietjie smelt en koekie warm is.

PLAATKOEKIES
250ml koekmeel
10ml bakpoeier
1ml sout
30ml suiker
1extra large eier
200ml melk
15ml gesmelte botter of margarien
1. Sif al die droe bestandele saam.
2. Klits eier en melk en gesmelte botter saam en voeg by droe bestandele.
Meng baie goed tot beslag mooi glad is.
Laat staan dan vir +/- 30min voor jy begin bak.