Wednesday 3 February 2016

Pannekoek Plesier




Annamie Killerby se heerlike meng-net-en-bak pannekoek-resep
4 eiers
4 koppies meel
4 koppies water
½ koppie olie
2 t sout
¼ koppie wit asyn
4 t bakpoeier
Olie vir die pan
Bediening: Kaneelsuiker, suurlemoen.
In ‘n groot mengbak klits die eiers. Sif die meel en sout saam. Voeg die meel by die eiers en die water. Klits goed. Meng die olie en asyn by en voeg laaste die bakpoeier by. Bak die pannekoeke.
TANNIE POPPIE SE EIERLOSE PANNEKOEK
500 ml koekmeel , 10 ml bakpoeier, 2 ml sout, 12.5 ml asyn, 125 ml olie of botter , 750 ml water, 12.5 ml brandewyn. Meng goed en laat staan vir 1 uur. Bak die pannekoeke.
Esme en Jan se So Maak Mens Pannekoek
3 koppies meel, 3 eiers, 7 koppies water, een koppie kookolie, sout, drie teelepels bakpoeier wat jy REG aan die einde eers inklits. Sy sit ook ‘n skoot suurlemoensap in. Die beslag kan ook lekker in die yskas gehou word, en halveer ook goed.